NATUUR – Vroegoggend maak ‘n Bospatrys jou wakker met sy skril geskree om die dag aan te kondig. Hulle loop in klein familie-groepies. Gewoonlik die mannetjie, wyfie die vorige kuikens en die huidige kuikens. Sodra die grotes kos raakloop gee hulle ‘n sagte gepiep om die kuikens te roep om deel te wees van die maaltyd. Hulle vreet gewoonlik gras-saadjies, sade van ander plante en insekte. Jy kry baie maal waar ‘n Bospatrys in die mis van ‘n dier skrop om by die saadjies uit te kom.

Die mannetjie en wyfie lyk dieselfde en die wyfie broei die eiers uit. Die nessie word op die grond onder ‘n bossie gemaak waar dit goed beskut is. Die nessie word van sagte plantmateriaal in ‘n gemaklike holte gemaak. Daar word van 3 tot 6 eiers gelê en broei in 3 weke uit. Sodra die kuikentjies uitgebroei is loop hulle dadelik saam met die mamma wat vir hulle die saadjies wys om te eet.

Hierdie diertjies se voorbestaan op Leeupoort Vakansiedorp word bedreig deur die ape, bobbejane en gebande muishonde wat die eiertjies opspoor en dan opvreet.