Rooi Njalai-bul

Spesiale Njalabul op Leeupoort Vakansiedorp

SPESIALE ROOI NJALABUL – Die Njala-bul en Njala-ooi se kleur en hul grootte verskil. Onder die kleiner wildsoorte word manlike diere “ramme” en vroulike diere “ooie” genoem; terwyl “bulle” en “koeie” vir groter wildsoorte gebruik word om die diere se geslag aan te dui. Die njala is die middel van de twee groepe. Daar word na die manlike dier as ‘n “bul” verwys, omdat hy heelwat groter is as die vroulike dier, wat ‘n “ooi” genoem word.

Die kleur van Njala-bulle verskil baie van Njala-ooie. Njalas is aanpasbaar in klein kampies en dit

maak hulle baie gesog vir boerdery. Hulle is blaar- en grasvreters, en hulle kan baie mak word. Daarom is Njalas gewoonlik ‘n groot aantrekkingskrag vir toeriste. Kyk byvoorbeeld hoe besoekers die Njalas van Leeupoort geniet. Hulle stap tussen die huise rond op soek na iets om te vreet.

Op Leeupoort Vakansiedorp het ons ‘n uitsonderlike rooi Njala-bul wat nie donker van kleur is soos die gewone Njala-bul is nie. Die vee-arts wat hierdie bul ondersoek en gemerk het met `n oorplaatjie, het bevind dat hierdie bul nie kan voortplant nie. Dit kom baie selde in die natuur voor dat daar so `n groot verskil van kleur is. Hierdie Njalabul met sy pragtige horings en buitengewone kleur sou seker menige buitelandse jagters se droom wees, maar jag word geensins toegelaat in Leeupoort se natuurreservaat nie.

Mak Wild Njala 640×480
Swart en Rooi Njalai-bul 640×480