Gebande Muishondjies

Gebande Muishonde vinnig soos Weerlig

NATUURRESERVAAT. Hierdie vakansiedorp se gebande muishondjies, party ouens op Leeupoort noem hulle ook meerkatte, het hul eie gewoontes. Hulle maak fyn piep geluide sodat hulle in hoorafstand van mekaar kan bly. Hierdie wilde diertjies is bruin met strepe dwars oor hulle rue.

Hulle leef saam in `n kolonie en die hele groep beweeg die heel dag as `n groep saam. Die diertjies slaap in gate in die grond wat effe groter is as muisgate. Hulle ondertrou nie- `n natuurwonder . Hulle is op `n jaar geslagsryp en

teel twee keer per jaar en hul dragtyd is twee maande. Hulle drink nie water nie want hulle kry genoeg vog uit die goeters wat hulle vreet.

Hulle vyande is die, slange, roofvoëls, rooikatte, jakkalse en die mens. Hulle maak beurte om op die uitkyk te wees vir vyande op die grond en uit die lug. Wanneer hulle skrik vir byvoorbeeld `n roofvoël gee een `n harde skree en almal duik vir skuiling soos om in gate te duik of onder bossies in te hardloop. Hulle word baie mak en op Leeupoort se vakansiedorp gaan hulle tot in die huise op soek na iets om te eet.

Omdat hulle nie `n hoendereier kan stukkend byt nie rol hulle die eier tot by `n boomstam of klip waar hulle dit teen die klip gooi totdat dit stukkend breek. Dan storm die klomp op die eier af en vreet dat dit gons. Hulle is ook nie bang om `n slang aan te vat nie. Hulle terroriseer die slang totdat dit vlug want die slang kan hulle nie gepik kry nie omdat hulle te vinnig is.

LEEUPOORT SE NATUURLEWE

Gebande-Muishond 640×480
Steenbok 640×480
Yellow-Billed Hornbill 640×480
Nonnetjie Uile 640×480
Kwevoel 640×480
Rooibek Neushoring
Sonsondergang
Zebras Soek Eetgoed
Wildebees 640×480
Koedoebul op Leeupoort 640×480
Bossie Bosvark 640×480