Geldmaak

BEGROTING – Volg hierdie reëls om jou finansiële vooruitsigte in orde te hou:
1. Jy moenie vergeet dat vaardige verkoopsmense jou emosies kan manipuleer nie
2   Jy moenie ‘n belegging koop voordat jy dit heeltemal verstaan nie.
3   Jy moet onthou dat daar nie so iets soos ‘n gratis middagete is nie.
4   Jy moet jouself in die verkoper se skoene plaas voordat jy koop.

5   Voordat jy ‘n groot aankoop maak, moet jy jouself beskerm deur oor twee sleutelvrae:

1. Wat is daarin vir die persoon wat aan jou die produk verkoop?
2. Hoe maak die maatskappy agter die produk geld?

6   Jy moet nooit glo dat jy te slim is om vir slegte beleggings te val nie.
7  Jy moet nooit die gesproke woord aanvaar nie, maar dit eerder altyd op skrif het.

8  Jy moet nooit iets koop wat te goed is om waar te wees nie.
9  Jy moet aanbiedings gekoppel aan ‘n tydsbeperking (soos die pes) vermy.

10  Jy moenie op ‘n reguleerder vir beskerming staatmaak nie.
11 Bo alles moet jy nooit vergeet dat mense jou van jou geld wil skei nie.
12 Kan jy dit bekostig.