SJOKOLADE – Vir talle van ons is een van die grootste vreugdes van die lewe om jou tande in `n sjokoladestafie in te slaan. In `n studie deur die Universiteit van Suid- Australië was 1000 mense 30 jaar lank waargeneem en `n hele reeks gesondheidsaanwysers gemeet. Die ondersoek het probeer bepaal of die gereelde eet van sjokolade met beter breinfunksie verband hou. Hulle het die effek daarvan op geheue, konsentrasie, redenering en die werking van inligting ontleed.
Dit het onderandere behels dat die deelsnemers se vermoë om `n lys woorde te onthou en te herroep getoets is, of om te onthou waar `n voorwerp neergesit is, inligting te onthou, dit te verwerk en dan te onthou. Die studie het bevind dat mense wat ten minste eenkeer per week sjokolade geëet het, beter gevaar het as diegene wat minder sjokolade geëet het.
Dit kan wees as gevolg van flavanol, wat volop in sjokolade en kakao voorkom, en wat voorheen al getoon het dat dit die risiko vir dementia vertraag, gewigstoename help beveg en die gevalle van hartsiektes en tipe-2- diabetes help verminder. Die verwantskap tussen sjokolade-inname en beter breinfunksie het betekenisvol gebly selfs toe die navorsers aanpassings gemaak het vir faktore soos ouderdom, geslag, opvoeding, cholesterol, glucose, bloeddruk en alkohol inname.
Sjokolade behoort egter as deel van `n gesonde diet en leefstyl geëet te word. `n Vorige studie het bevind dat `n daaglikse dosis sjokolade dementia en Alzheimer se siekte kan keer. Navorsers het bevind dat `n mens elke dag kakao inneem, matige kognitiewe inkorting – `n toestand wat geheueverlies insluit wat dementia en Alzheimers kan aanhelp – by bejaardes kan verbeter.
( Met vergunning van Bospatrys, Leeupoort Vakansiedorp.)