BYE – Hierdie diertjies is seker die flukste en slimste diere wat bestaan en het `n leeftyd van slegs ses weke en produseer slegs `n teelepel heuning. Hulle versamel nektar om heuning te maak wat hulle in heuningkoeke opgaar vir moeilike tye wanneer daar nie stuifmeel beskikbaar is nie. Hulle werk elke oomblik van die dag terwyl dit nog lig is en elkeen weet wat om te doen en waar om die nektar te gaan aflewer. Bye moet sowat agt kilogram heuning verorber om een kilogram was te maak. Ongeveer 40 000 bye woon in `n bykorf naamlik die koningin, `n paar waterdraers en die res is werkers. Haar doel is om eiers te lê en die larwes wat uitbroei word werkers waarvan daar slegs een op `n stadium `n koningin word en `n paar waterdraes. Sodra die een wat `n koningin word groot genoeg is word daar `n nuwe swerm saamgestel.
Stuifmeel is hul primêre bron van proteine terwyl nektar (omgeskakel in heuning) energie verskaf. Water word gebruik om gestoorde heuning te verdun en ook om die humiditeit en temperatuur van ‘n korf te reguleer. Hiermee voer hulle die larwes en koningin. Lug en waterdigte was word vir verskillende konstruksie-doeleindes gebruik (byvoorbeeld om heuning en larwes te huisves), asook dien as ontsmettingsmiddel vir hulself.
In moderne korwe plaas die byeboer aparte kiste, genaamd heuningkaste, bo die broeikas vir stoorplek vir heuning.
Die bye dra die nektar van die blomme na die nes in een van hulle mae waar hulle dit weer oordra na ander bye wat dit omtrent ’n halfuur lank “kou” en met ensieme meng en dan in die koeke plaas.Die koningin is die middelpunt van die swerm en haar doel is om eiers te lê en larwes word uitgebroei en die heuning is almal se kos.
Die vrugte- of groenteboer verwelkom die bye vir noodsaaklike bestuiwing en die byeboer kry weer die heuning. `n Gemiddelde korf lewer 16kg tot 20kg heuning per jaar. Leeupoort Vakansiedorp met sy groot verskeidenheid plante met stuifmeel is die ideale plek vir heuningbye.