Kan `n Slang Vang.

KAN `N SLANG VANG – Alle slange het gesplete tonge waarmee hy reuke van ander slange optel. Met paartyd paar die wyfie met verskeie mannetjies en dan bly hulle ook slegs met paartyd bymekaar. Hulle vervel een maal per jaar. Hulle is vleisvretend maar die klein soorte vreet insekte. Hierdie koudbloedige reptiele beweeg besonder baie rond wanneer dit warm is en dan soek hulle kos om te vreet.

“Don`t get bitten”. Dit is selde dat mense deur slange gebyt word. Om te voorkom dat slange in jou huis gaan moet jy Snake Repel aan die vensterbank en onder die deurkosyne spuit. Waar jy op Leeupoort Vakansiedorp braai kan jy ook

rondom die gebied waar gebraai word op die grond spuit sodat die reuk die slange verwynder. Hierdie middel is blykbaar effektief vir enige soort slang. Die Snake Repel moet elke maand aangewend word want die reuk verdwyn of word afgewas en die effektiwiteit verminder.

Daar word gesê dat driekwart van ons slange nie giftig is nie maar ons weet jy nie altyd watter een is die giftige een nie en moet jy, na `n slangbyt, onmiddellik die nodige behandeling kry. Slange byt nie maklik nie maar wees versigtig. Wanneer `n slang jou pla kontak Natuurbewaring om dit te verwyder want ons moet hulle nie doodmaak nie sodat die ewewig in die natuur nie onnadenklik versteur word nie.

  • `n slang aan jou boesem koester – oorlaai jy `n skurk met weldade.
  • Kan `n slang vang – wanneer jy briesend is.
  • `n Slang in die gras – Iets onheilspellend.