KEN LEEUPOORT VAKANSIEDORP – Leeupoort Vakansiedorp is `n ekodorp binne `n natuurreservaat sowat 70 km vanaf Bela Bela op die Rustenburg/Thabazimbi-pad. 100 km vanaf Britz op de Thabazibipad en 50 km vanaf Thabazimbi.
Daar is 1100 erwe waarvan 700 reeds bebou is en daar is 500 permanente inwoners. Die dorp is in 1981 gestig as gevolg van ondergrondse warmwaterbron maar die warmwater het mettertyd sy hitte verloor. Daar is twee groot swembaddens by die karavaanpark en een groot swembad by die winkel by die ingang na Leeupoort.
Verder is daar verskeie klein swembaddens by van die huise. Weens die goeie gehalte klimaat en goeie weiding asook vreetbare bos floreer die 50 verskillende soorte wild, die 170 soorte voëls asook die groot aantal boomsoorte op Leeupoort Vakansiedorp.
`n Hele aantal aktiwiteite vind plaas op Leeupoort Vakansiedorp soos onder andere lyf-natmaak in die swembaddens, stap in die reservaat op jou eie om wild en voëls te kyk, bome te identifiseer en fotos te neem, fietsry op jou eie en deur die dorp en in die reservaat ry asook op jou eie met die motor deur die reservaat ry. `n Deel van die dorp buite die woongebied word saans gesluit. Dinsdae en Donderdae is daar jukskei en dan is daar gereelde vlooimarke. By die ingang is daar `n winkel, drankwinkel en restaurant.
In die omgewing van Leeupoort Vakansiedorp is daar heelwat natuurreservate wat op `n dag-basis besoek kan word.