Konsertina-fees Uitgestel

KONSERTINA-FEES UITGESTEL – Hierdie fees wat beplan was vir 3 tot 5 April 2020 word ook onbepaald uitgestel omdat die Covid-19 virus tot `n nasionale ramp verklaar is. Byeenkomste van 100 of meer mense is as onwettig verklaar en daar sou veel meer as 100 mense die fees bywoon.

Die musikante wat hulle al begin voorberei het hou hul talente solank op die ys. Die konsertina is seker die gewildste instrument in `n boeremusiek-orkes en die plan was om die rekord vir die meeste musikante wat die konsertina gelyktydig speel te verbeter.

Die besoekers wat reeds akkommodasie-besprekings vir Leeupoort Vakansiedorp se Konsertina-fees gedoen het sal nou lekker lang tyd kry om heerlik rond te ry en wild te bekyk. Die aande is heerlik en die stilte by die braaivleisvure sal kalmte en rustigheid bring wat onvergeetlik sal wees. Dit is fantastiese warm weer en om te stap of op jou eie deur die reservaat te ry en fotos te neem skud al die haastigheid, druk en lawaai van `n mens af.

Geniet die pragtige groen bosveld op Leeupoort Vakansiedorp wat binne `n natuurreservaat geleë is. Die wild loop tussen die huise rond en kuier vir die mense.

Leave a Reply