Kwaai Voeltjie

BONTKIEWIET – Baie kwaai en regtig baie braaf om af te duik na jou toe en daarby geweldig hard op jou skree om jou weg te jaag van hul nessie met eiertjies wat in `n holtetjie in die oopte tussen die kort grassies gekamoufleer is. Die bontkiewiet, soos hul gedrag is, het hul tuiste by die groot dam in die reservaat op Leeupoort Vakansiedorp gemaak waar dit oop is om te kan sien wat hul lewens mag bedreig. Hulle is gewoonlik paartjiesen meng nie in met ander se gebiede nie. Dit is uitsonderlik dat die wyfie effens groter is as die mannetjie en ook dat hulle dieselfde lyk met hul bont kleur. Die wyfie lê drie of vier bont eiertjies om dit te beskerm teen indringers. Die kleintjies verlaat die nes kort nadat hulle uitgebroei is seker omdat die nessie in die oopte is. Die kleintjies is bont en kruip maklik tussen die grasse en bossies weg. Gewoonlik bly die kiewiet naby water waar daar meer insekte en larwes is wat hulle kan vreet.