Naam van Eenheid: Angelica 1738
Hierdie pragtige 4 slaapkamer chalet op Leeupoort is beskikbaar aan Bosveld-vakansiegangers wat al die geriewe van ‘n eie woonhuis verlang, maar teen ‘n baie bekostigbare vakansie tarief. Hierdie eenheid is ook geskik vir klein besigheid werksessies of spanboue, waar daar bietjie kop gekrap kan word in die natuur, weg van ‘n besige kantoor en talle onderbrekings.
As jy regtig wil ontspan en net ‘n bietjie wil wegbreek van die daaglikse gejaagde lewe, dan moet jy Leeupoort Vakansiedorp kom besoek waar die wild oral tussen die chalets rondloop, en waar ‘n bosvark of nagapie jou saans by die braaiplek kom opsoek.
Dit is ‘n lafenis vir ‘n mens se siel om saans so na die kampvuurtjie te staar en dalk selfs ‘n vleisie te braai, met die mak wild van Leeupoort wat soms kom inloer om jou te vermaak terwyl jy periodiek nog `n stompie op die kole gooi en die helder sterre jou verstom.
Kom kry weer nuwe krag en ‘n passie vir die lewe en sy uitdagings deur ons te skakel en seker te maak dat jy jou plek op Leeupoort Vakansiedorp betyds bespreek. Hier kan jy weer mens word en sal nog lank terug verlang na Leeupoort totdat jy eendag maar weer vir ons kom kuier.
Name of Unit: Angelica 1738
This lovely 4 bedroom chalet at Leeupoort is available to Bushveld holiday-goers who prefer the comforts of a fully equipped house at very affordable prices. This unit is also ideal for small business work-sessions or team-building, where strategies can be pondered while relaxing in nature, away from a busy office and frequent interruptions.
Here you can relax and enjoy the African bush and wildlife like nowhere else. Game are roaming near the chalets and often visit people day and night to treat them with rare and close wildlife experiences.
There are more than 250 species of trees in the Leeupoort Nature Reserve, and an abundance of birds and other wildlife. You may walk through the reserve on your own whenever you like. There will be ample opportunities to take rare photos of birds and other animals, as the wildlife at Leeupoort are used to friendly humans and will often walk to closer to people.
Treat yourself by visiting Leeupoort Holiday Town, only 70 km from Bela Bela (Warmbaths) on the Rustenburg road. Book at this self-catering unit and you will remember your experience for the rest of your life.
FASILITEITE | FACILITIES.
BESKRYWING | DESCRIPTION | HOEV | QTY |
Slaapkamers | Bedrooms | 4 |
Badkamers | Bathrooms | 2 |
Kombuis | Kitchen | 1 |
Eetplek | Dining Area | 1 |
Sitkamer | Lounge | 1 |
Dubbelbeddens | Double Beds | 4 |
Enkelbeddens | Single Beds | 1 |
Ys-Vrieskas | Fridge | 1 |
Skottelgoedwasser | Dishwasher | 1 |
Stoof | Stove | 1 |
Mikrogolf | Microwave | 1 |
Lugreëling | Air Conditioner | 0 |
Waaiers | Fan | 0 |
Braaiplek | Barbeque Area | 1 |
Splash Pool | Jacuzzi | Nee | No |
Handdoeke | Towels | Nee | No |
Lakens | Linen | Nee | No |
Duvets | Duvets | Ja | Yes |
Komberse | Blankets | Ja | Yes |
Kussings | Pillows | Ja | Yes |
Bad | Bath | Ja | Yes |
Stort | Shower | Ja | Yes |
DSTV | DSTV | Ja / Yes |
Related News / Verwante Nuus:
Naam van Eenheid: Swanepoel Huis Onvergeetlike ge...
Naam van Eenheidt: Karee B Smag jy na `n rustige ...
Naam van Eenheid: Erika 44A Hierdie netjiese goed...
Naam van Eenheid - DISA 343 (Die Plaashuis) Hierd...
Naam van Eenheid: Nerina 662 Dit is die ondervind...