LEEUPOORT VAKANSIES – Onder die leiding van Johan Koekemoer is die “stiltehoekie” in die bos op Leeupoort ingerig. Klein Gerhard is by die kruis gedoop waar daar `n gewyde atmosfeer in die rustigheid van die natuur geheers het.
Dink net dat mense wat in die stad woon, hul baba daar in die bos kan gaan doop. Iets besonders vir die foto-plakboek (“scrab book”) met fotos van die kruis, die doopplegtigheid en fotos van die blouwildebeeste wat daar rustig lê en herkou.
Die kwêvoëls het ook daar naby in die bome gesit en “gesels” asof hulle kommentaar het oor die aangeleentheid. Wat `n besondere geleentheid in die natuur was dit nie waar mens ook nader aan jou Skepper voel tydens die doopplegtigheid.
Daarna kan jy natuurlik ook tyd inruim om deur Leeupoort met sy bospaadjies te ry om die wild, voëls en bosveld te besigtig. Om die kroon te span, is daar ook baie besienswaardighede in die omgewing en kan jy in `n radius van `n halfuur vanaf Leeupoort, ook gaan renosters, krokodille, olifante, leeus of jagluiperds (“cheetas”) gaan besigtig. Dan is daar ook plaasdiere waarna die stadskinders kan gaan kyk .
Mens kan ook vierwieler-motorfietse (“Quad bikes”) gaan ry op `n plaas wat spesiaal daarvoor ingerig is. Dan is daar nog boogskiet en baie ander aanloklike vermaak en ontspanningsmoontlikhede wat ook ervaar kan word.
Die rustigheid van Leeupoort en die beskikbaarheid van ander aantreklikhede maak die omgewing `n bestemming wat jy nie gou sal vergeet nie.