BOEREMUSIEKFEESTE – Ses en twintig orkeste het die fees bygewoon sewel daar opgetree waarvan drie Junior orkeste was. 10 September 2016 sal vir lank onthou word vir sy groot aantal besoekers wat van oor die land op Leeupoort kom feesvier het en die optredes kom geniet het. Pieter Bodenstein van Leeupoort het nou vir die 9de agtereenvolgende jaar sedert die oprigting van die Boeremusiek-monument die aktiwiteiteite ge-kordineer. Kosie Beukes, tans 8 jaar oud, was lid van een van die junior orkeste. Kosie speel tans 13 musiekinstrumente. Kosie speel die konsertina
voor hom asook agter sy rug. Vir sy ouderdomsgroep 8 tot 10 jaar is Kosie as die beste Instrumentalis op die wereld kampioenskappe in die VSA aangewys.
Vir die mense wat nie weet nie – Jy kry die tradisionele sowel die moderne Boereorkeste. Die tradisionele orkeste speel net die instrumente wat nie elektronies is nie. Rustenburg se tradisionele orkes was uitgenooi om op die laaste KKNK te gaan optree en die luisteraars was gaande oor die pragtige musiek en van die ouens het sommer begin dans. Rustenburg se tradisionele orkes het drie konsertinas en al drie speel verskillend. Saterdag het daar `n senior volkspelegroep opgetree met pragtige volkspele uitrustings wat waarlik kleurvol was.
Daar was ook 15 ekone vereer met sertifikate vir hul jare lange betrokkenheid by Boeremusiek. Dit was mense van 70 jaar en ouer was en betrokke is en was wat tans en voorheen hier op Leeupoort opgetree het. Verder het oud en jonk Saterdag oggend tot 10 uur die aand net gedans en gedans.
Die besoekers het ook die mak wild van Leeupoort terdee geniet.
Sondag-oggend was daar `n erediens wat ook opgeneem was deur die media.
Related News / Verwante Nuus:
BOEREMUSIEKGILDEFEES - Tien jaar gelede het die Bo...
LEEUPOORT - 13 Senior en 4 junior boereorkeste gaa...
KONSERTINA-FEES JAAG VIR REKORD - Vanjaar word ‘n ...
BOEREMUSIEKGILDEFEES - Die Boeremusiek-monument is...
BOEREMUSIEKFEES - Die gewilde Afrikaanse musikant ...