KATLAGTERS– Wanneer jy nou praat van saampraat, deurmekaar praat of babbel dan praat jy nou van katlagters. Partykeer gebeur dit mos ook so met mense!! Nou die dag terwyl ons so agter die huis op Leeupoort Vakansiedorp by die braaiplek om die es sit kom daar `n kolonie katlagters met `n lawaai aan en so vinnng as wat hulle met `n basuim daar aangekom het stop die gekletter eensklaps en begin hulle tussen die blare en takkies op die grond rondsoek na kos soos goggatjies. Elkeen gesels saggies met hulself terwyl hulle met hulle bekkies orals rond skrop vir die kossies. Hulle kleur is baie soos die dooie blare waar
hulle so rondvroetel na kos.
Vernaam so laat agtermiddag sit hulle baie keer in `n ry op `n takkie styf teenmekaar waar party mekaar skoon pik van parasiete en hulle doen dit sonder een enkele geluid te maak.