KOGGELMANDER – Sodra jy nader kom aan die boom waar hy teen die stam sit sal hy probeer agter die stam om beweeg met die vermoede dat jy hom nie sien nie. Ons het dit aanskou op Leeupoort. Hulle soek gewoonlik die sonkant van die boom of klip waar hulle hul tuismaak. Die mannetjie van die koggelmander het `n blou kop en die wyfie se hele liggaam is vaal. In die diereryk is die mannetjie gewoonlik meer aanskoulik as die wyfie. By wildsbokke is dit ook dieselfde maar by die mens is die vroutjie weer mooier as die mannetjie!!
Die koggelmander wyfie lê haar eiers in die sagte grond. Hul lê sowat 10 sagtedop eiers. Die dieet van hierdie reptiele is klein insekte, miere, termiete, motte en ander klein soorte goggas. Hulle slaap gewoonlik slegs snags en wel in die holte van `n tak. Daar is mense wat meen dat die koggelmander giftig is maar dit blyk nie so te wees nie. Die grillerige voorkoms laat mens dink dat hierdie reptiel giftig is.
Daar is mense wat meelwurms vir hulle uitsit want hulle woon gewoonlik Isn bepaalde gebied en hulle leer dat daar op
n bepaalde plek vir hulle kos is.