Leeupoort: Passie vir die Natuur

NATUUR – Leeupoort Vakansiedorp is die idilliese gesinsoord in die bosveld slegs 150 km vanaf Pretoria. Daar is bekostigbare huise wat goed toegerus is as selfsorg- fasiliteite. Die weer is idiaal vir braai waar die ouens tot laataand by die vuur deurbring.
Hierdie vakansiedorp is n ekodorp binne `n natuurreservaat waar die wild tussen die huise rondloop. Die besoekers kan gaan stap in die reservaat of selfs met hul voertuig deur die reservaat ry waar jy ook tot naby die wild kan kom.

Op Leeupoort is daar ongeveer 170 soorte voëls, 50 verskillende soogdiere en 114 boomsoorte. Die maak dus `n fees om tussen die huise te stap of deur die hele reservaat te stap waar daar staproetes is. Vir die ouens wat nie kan of wil stap nie kan met jou eie voertuig deur die reservaat ry.
Die bosvarke loop rond wanneer die son eers gesak het want hulle is sku vir mense. Hulle is gewoonlik op soek na braaivleisbene om te vreet. Die ander wild loop dag en nag orals tussen die huise rond op soek na iets om te eet.