TAMBOTIEBOOM – Veral in die somer spring hierdie boontjie wat op die grond geval het onder die bome rond wat te eienaardig is. Die insekte, `n wurm, kruip in die vrug en later binne in die pit en dit is dan dat die vrug van die boom afval met die wurm daarbinne. Sodra die wurm warm kry wil hy uitklim en dit is wanneer dit lyk of die pit spring. Die tambotieboom is een van die bome wat baie eienskappe het. Hierdie boom is beskermd en mag nie ge-oes word nie. Slegs met `n permit van Natuurbewaring mag jy droeë hout verwyder uit die veld. Die hout is baie hard, lig van kleur met donker vlekke en pragtige meubels kan
daarvan gemaak word. Die melksap is giftig en wanneer jy met daardie hout vuurmaak om te braai het jy beslis `n ombekrapte maag wat jou baie siek maak. Die wild op Leeupoort is baie keer tesiene by die tambotiesbome waar hulle die blare vreet.
Een van die drie grootste gemete spesies in die land kan besigtig word op Leeupoort Vakansiedorp by die piekniekplek waar oorblyfsels van `n ou ossewa ook te siene is.
Related News / Verwante Nuus:
HUILBOOM ( PELTOPHORUM AFRINANUM ) - Hierdie dekor...
KOGGELMANDER - Sodra jy nader kom aan die boom waa...
VOËLKYK - Weens die gematigde klimaat is daar `n g...
MAK WILD - So mak as wat hulle kan word, so wild k...
LUIAARD - Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe h...