TARENTAALPASTEI – Die gewone tarentaal word in Leeupoort Vakansie Dorp aangetref. Hulle kom oor die hele Afrika voor. Daar is verskillende soorte tarentale in Afrika maar hierdie is die gewone tarentaal. Hulle lê hul eiers onder `n bos waar dit onopsigtelik is. Die bobbejane, ape en gebande muishonde hou baie van die eiers met die gevolg dat daar maar min eiers uitgebroei word.
`n Boer van die bosveld het tarentaal eiers deur `n hoenderhen laat uitbroei by die beeskraal, die tarentaal kuikens het groot geword in die kraal
waar die grotes en kuikens die bosluise van die beeste af pik. Terwyl die bees in die kraal lê en herkou pik die tarentale die bosluise van die ore tot by die stert af en die beeste hou daarvan. Die tarentale vreet sade en insekte wat die bosluis insluit.
In Engeland word tarentale geteel vir slagdoeleindes en word tarentaalvleis by verskeie handelaars aangebied.
`n Lekker dis of paslei is tarentaalvleis. Op Leeupoort het ons `n resep uitgetoets.`n Maklike resep is kook die hele tarentaal in stoompot en sodra sag gekook gooi `n hele klompie room oor die voël asook woestersous en gewone kruie na smaak. Kook dan in oop pot vir kwartier. Nou kan jy besluit watter soort dis jy wil voorberei saam met die tarentaaL. Jy kan ook heerlike tarentaalpastei voorberei.