Leeupoort: Wanneer Die Son Sak Hoor Jy Hom

FISANTE – Sodra die son op Leeupoort sak en jy sit buite by die vuurtjie in die bosveld hoor jy die skril geskree van die fisante wat die bome opsoek om te gaan slaap.. Hulle slaap sommer tussen die huise in die groot bome. Sodra een skree hoor jy die antwoord van die ander fisante wat elders ook die bome bestyg. Party van hulle hou tot na sononder aan met hul skril geskree. Party mense verwar die fisant met die patrys. Die fisant is grotes en donkergrys met rooi bene en rooi pote en hulle word die Natalse Fisant genoem. Die patrys is heelwat ligter van kleur en ook kleiner en

ligte grys van kleur.
Hulle vreet saadjies en hulle vreet ook goggas wat hulle uitskrop tussen die blare van die bome. Soms skrop hulle tussen die wildsbokke se mis vir saadjies. Jy moet die fisante dophou wanneer hulle pik en dan sal jy waarneem hoe vining hulle kan pik om die saadjies te kan vreet. Hierdie voëls lê hul eiers onder die bossies waar die wyfie en mannetjie die eiers uitbroei. Die gebande muishonde is seker hul grootste vyand wat die gebande muishonde snuffel die eiers uit en vreet dit op met die gevolg dat die fisante met moeite hul kuikens groot kry.