Accommodation at Leeupoort

Accommodation at Leeupoort

Learn more about the available self-catering vacation chalets at Leeupoort. More / Meer »

Leeupoort News

Leeupoort News

News, Blogs and Messages from the community at Leeupoort. More / Meer »

Tourism Attractions

Tourism Attractions

Learn more about Tourism Attractions and Destinations near the Leeupoort area. More / Meer »

 

Trapsuutjies

VERKLEURMANNETJIE – Die verkleurmannetjie of trapsuutjie is ‘n familie van die akkedisse. Die meeste verkleurmannetjies kan hul vel se kleur vir kamoeflering verander, of om hul gemoedstoestand aan ander verkleurmannetjies aan te dui. Die grootste spesies word tot 70 sentimeter lank.

Verkleurmannetjies het papegaai-agtige voete wat aangepas is om in bome te leef en saggies deur takke en blare te beweeg. Hulle beweeg gewoonlik stadig met wiegende bewegings

Verskille tussen Skoenlappers en Motte

NATUUR – Min van ons ken die verskille tussen skoenlappers en motte. Daar is groot verskille en dit is opmerklik hoe elkeen aangepas is in die natuur.

Albei soorte het 2 voelers en ses pote. Skoenlappers vlieg bedags en motte weer snags. Dan het skoenlappers helder kleure om pragtig in die dag te vertoon en daarteenoor het motte weer donker kleure om meer onopsigtelik in die nag rond te vlieg.

Hadeda se Ha-Ha-Ha-Deda!!

NATUUR – Ha-ha-ha-de-dah skree die Hadeda Ibis terwyl hy opvlieg vanaf die grasperk waar hy goggas onder die grond uitgesnuffel het. Die voël se naam is afgelei van die skril en besonder uitermatige harde skree wat hy maak.

Hierdie voël moet goeie reukorgane hê of hy moet die erdwurm of kewer onder die grond hoor. Hy sal oor die grasperk loop, skielik gaan staan en sy snawel so 60 mm diep in die grond in druk en sy prooi onder die grond uitboor met daardie skerp snawel van hom.

Brulpadda

NATUUR – Die brulpadda is Suid Afrika se grootste padda en daar is sowat 100 spesies paddas in ons land. Wanneer gebore, het die kalant kiewe soos ‘n vis en het ‘n stert waarmee hy swem.

Na sowat drie weke verwissel hulle totaal van gedaante en kry longe soos landdiere en leef op die droë grond, verloor die stert en kry pote. Hulle lê eiers wat in slym, gewoonlik aan takke van bome of ander struike, hang en word dan deur die son uitgebroei.

Goeie Nuus vir Sjokoliste!

Vir talle van ons is een van die grootste vreugdes van die lewe om jou tande in `n sjokoladestafie in te slaan.
In `n studie deur die Universiteit van Suid- Australië was 1000 mense 30 jaar lank waargeneem en `n hele reeks gesondheidsaanwysers gemeet. Die ondersoek het probeer bepaal of die gereelde eet van sjokolade met beter breinfunksie verband hou. Hulle het die effek daarvan op geheue, konsentrasie, redenering en die werking van inligting ontleed.

 

Dit het onderandere behels dat die deelsnemers se vermoë om `n lys woorde te onthou en te herroep getoets is, of om te onthou waar `n voorwerp neergesit is, inligting te onthou, dit te verwerk en dan te onthou. Die studie het bevind dat mense wat ten minste eenkeer per week sjokolade geëet het, beter gevaar het as diegene wat minder sjokolade geëet het.
Dit kan wees as gevolg van flavanol, wat volop in sjokolade en kakao voorkom, en wat voorheen al getoon het dat dit die risiko vir dementia vertraag, gewigstoename help beveg en die gevalle van hartsiektes en tipe-2- diabetes help verminder.
Die verwantskap tussen sjokolade-inname en beter breinfunksie het betekenisvol gebly selfs toe die navorsers aanpassings gemaak het vir faktore soos ouderdom, geslag, opvoeding, cholesterol, glucose, bloeddruk en alkohol inname.
Sjokolade behoort egter as deel van `n gesonde diet en leefstyl geëet te word. `n Vorige studie het bevind dat `n daaglikse dosis sjokolade dementia en Alzheimer se siekte kan keer. Navorsers het bevind dat `n mens elke dag kakao inneem, matige kognitiewe inkorting – `n toestand wat geheueverlies insluit wat dementia en Alzheimers kan aanhelp – by bejaardes kan verbeter.

( Met vergunning van Bospatrys, Leeupoort Vakansiedorp.)