Plastiekbesoedeling

BESOEDELING – ‘n Euwel wat ons land en ook vir Leeupoort Vakansiedorp getref het, is plastiek besoedeling. Hier volg ‘n paar wenke om besoedeling hok te slaan:

1.  Hou op om plastieksakke te gebruik – neem jou eie sakke saam winkel toe. Dit wys vir die omstanders dat jy omgee vir die omgewing en dit help ook om ander op te voed.

2.  Hou op om strooitjies te gebruik – Dit is nie nodig nie.

3.  Vermy plastiekbottels – Koop ‘n botteltjie koeldrank wat in ‘n glasbottel is en gebruik dit eerder. Dit is ook gesonder om te gebruik.

4.  Herwin wat jy kan – Dit help die arm mense wat in die sakke moet rondsoek na herwinbare plastiek. Gebruik aparte sakke vir herwinbare plastiek.

5.  Rommel rondstrooi – Moenie rommel rondstrooi nie dis lelik en lyk onnet. Tel dit liewers op want dan herwin jy en jy gee om vir die omgewing. Moenie Rommel by motorvensters uitgooi nie. Van die inwoners van Leeupoort Vakansiedorp moet kort kort die Rommel langs die paaie optel.

6.  Plastiese verpakking – Vermy dit waar moontlik.

7.  Vermy plastiese borde, bekers en eetgerei – Gebruik glas items wat hergebruik word.

8.  Braai area – Ruim die plastiek waarin die braaivleis verpak was op want diere op Leeupoort Vakansiedorp ruik die kos en vreet dan die sakke wat nie verteer nie en die diere vrek daarvan.