Rooibek van Leeupoort Vakansiedorp

NEUSHORINGVOEL – Rooibekneushoringvoel voor die nes waar binne twee kleintjies is. Gewoonlik pleister hulle die bek van die nes toe met slegs `n skrefie oop waardeur die mannetjie en wyfie die kleintjies voer. Die mannetjie voer die wyfie terwyl sy in die nes sit. Hy voer haar deur die gleufie wat hulle voor die gat gepleister het. sy broei op die eiers terwel sy sonder vere daar sit. Wanneer die eiers een na die ander oor n periode van `n paar dae uitgebroei het breek sy die gat groter sodat sy kan uitgaan en om saam met die mannetjie die kleintjies te voer.

Die bek van die nes word weer toegepleister sodat daar net `n gleufie oop is om die kleintjies te kan voer. Hulle voer die kleintjies totdat hulle groot genoeg is ,hulle genoeg vere het en hul bek sterk genoeg is om die nes een na die ander oor `n paar dae te verlaat. Hulle pik die bek van die nes groter om te kan uitgaan.

Daar op Leeupoort is `n hele paar koutkaste by huise aangebring waar hierdie voels in rustigheid kan broei. Verskeie besoekers aan Leeupoort Vakansiedorp het die uitbroei al self beleef. Die inwoners is al gewoond daaraan.