NATUUR – `n Rooibekneushoringvoël het hom tuis gemaak op die motor se spieëltjies en probeer om die maatjie in die spieël te soen of om mee te baklei. Die voël het homself vir `n lang tyd so besig gehou. Daarna het hy teen die glas van die skuifdeur kom pik tot hulle hom brood gegee het. Hierdie geelbek is seker nou al drie jaar besig met sy pik aan die wieldoppe en spieëltjies by Ifafa 732 op Leeupoort. Sy geroep is nagenoeg so iets soos: “kok-kok-kok-kok-kokok-kokok. Hulle vreet hoofsaaklik insekte en kos in die mis van diere wat op die grond is. Hulle pik miskoeke met hul snawel uitmekaar om by die saadjies en insekte uit te
kom. Hulle is een van die rooibek, geelbek en grysbek soorte wat op Leeupoort te vinde is. Die rooibek is die kleinste van die drie soorte. Dit is selde dat al drie soorte op dieselfde plek soos Leeupoort te vinde is. Hulle bly ook uit mekaar se pad.