Sekelboshout Braai op Leeupoort

ONTSPANNING – Almal kan braai, maar braai op Leeupoort in die natuur en waar jy die geluide van die bos hoor, is dit net soveel meer ontspanne.

Die sekelboshout se kole brand langer as baie ander soorte hout, met die gevolg dat jy langer by die vuur kan kuier. Daar waar jy langs die vuur sit en in die kole staar, sak die stilte op jou toe en hoor jy die fisant wat hom in `n naby geleë boom kom tuismaak het met sy tsjer- tsjer   tsjer- tsjer  tsjer- tsjerrrr.

Die vlakvarke kom maak seker of daar nie oorskot kos is nie. So teen tienuur die aand maak die bosvarke hul verskyning om ook te kom kyk of daar nie beentjies van die braaivleis oorgebly het nie. Hulle kou die bene asof dit macaroni is.

Die kinders wat tot laat in die swembadjie baljaar het, kom ook tot ruste langs die vuur met die rustigheid van die kole wat stadig verdof soos die aand se uurglas leegloop.

Die sekelbosvuur is nog steeds aan die brand.