Vark met Penne

YSTERVARK – Seker die dier wat die gevaarlikste lyk met sy skerp penne wat “gemodified” is van sy hare. Wilde roofdiere soos `n luiperd of leeu word afgeskrik deur daardie groot bos skerp penne. Roofdiere wat afstorm op die ystervark besef nie dat die ystervark vinnig omdraai en die roofdier hardloop dan in daardie skerp penne in. Die penne kan nie uitskiet soos wat baie mense sê of dink nie. Wanneer die penne uitgetrek word of afbreek groei dit weer uit soos gewone hare wat gewoonlik uitgroei.

Dit is `n nagdier wat hoofsaaklik bessies, wortels van plante en gras vreet en uitgrawe met daardie sterk en skerp kloue. Die mamma is vir drie maande dragtig en het so 1 tot 4 kleintjies. Met geboorte is daardie penne sag maar verhard in `n paar dae se tyd en die kleintjies drink vir so vier maande aan haar. Die inwoners en besoekers op Leeupoort Vakansiedorp het saans wanneer hulle braai al ystervarke gesien wat vir hulle kom kuier het. Hulle loop ook tusssen die huise rond soos die bosvarke en ander wild soos die njalas en koedoes.