Skillie Trek sy Kop In.

SKILPAD – Skilpaaie hou op groei wanneer hulle sowat 20 jaar oud is. `n Skilpad se ouderdom kan bepaal word deur die getal groeiringe op elke plaat van sy dop te tel. Die mens is verseker besig om die voortbestaan van die skilpad en sy kind te bedreig. Baie skilpaaie word doodgemaak vir hulle vleis en doppe. Die doppe word gebruik om aandenkings van te maak. Hulle word ook deur honde en jakkalse doodgebyt. Dit is onwettig om skilpaaie aan te hou of te vervoer.

Indien wel vervoer moet word moet daar eers `n permit van Natuurbewaring verkry word. Skilpaaie is habitatgebonde en hou niks van verandering nie. Skilpaaie plant jaarliks voort en is eierlêend. Afhangend van hulle spesie eet hulle dier-en plantmateriaal. Daar is gemerkte skilpaaie op Leeupoort Vakansiedorp en die mense los die skilpad in vrede.