LEEUPOORT – Wilde diere is enige besoeker aan Leeupoort Vakansiedorp se droom en in besonder wanneer die bokke daarby so mak is dat jy hulle van nader kan beskou en pragtige fotos kan neem. Hulle stap tussen die huise rond want hulle is mense en voertuie gewoond.
Leeupoort Vakansiedorp is binne `n natuurreservaat geleë in die bosveld waar daar nog grondpaaie is. Rustigheid en kalmte is jou voorland wanneer jy daar aanland en uitspan.Menige besoekers aan Leeupoort gaan reeds daarheen vir `n kopskoonmaak en wegbreek van die daaglikse gewoel en werkskaf en dit is gewis wat jy op Leeupoort Vakansiedorp ervaar.
Agter die huis by Ifafa732 is die braaiplek en sundowner-poel reeds daar om vir jou die fasiliteit van ontspanning te skep – jy moet net gaan ontspan. Daar waar jy met jou voete op die kant van die es – braai agteroor sit waar die sekelbosvuurtjie jou aandag aftrek van jou gejaagde lewe kom kuier die njala vir jou en staan daar rustig sodat jy aandag aan hom moet gee.