Tag Archives: Akkommodasie

Leeupoort: Angelica 1738

Naam van Eenheid: Angelica 1738

Hierdie pragtige 4 slaapkamer chalet op Leeupoort is beskikbaar aan Bosveld-vakansiegangers wat al die geriewe van ‘n eie woonhuis verlang, maar teen ‘n baie bekostigbare vakansie tarief. Hierdie eenheid is ook geskik vir klein besigheid werksessies of spanboue, waar daar bietjie kop gekrap kan word in die natuur, weg van ‘n besige kantoor en talle onderbrekings.

Leeupoort: Nerina 662

Naam van Eenheid: Nerina 662

Dit is die ondervinding van `n leeftyd om die stilte en rustigheid van hierdie dubbelverdiepinghuis met 2 slaapkamers op Leeupoort te ervaar waar die wild en voëls vir jou kom kuier by die braaiplek agter die eenheid.

Die Bosveld skep ‘n besondere gevoel waarna jy beslis terug sal verlang en waarna jy graag sal wil terugkeer. Die buitengewone mak wild is `n kenmerk van hierdie wildreservaat.

Leeupoort: Ifafa 736

Naam van Eenheid: Ifafa 736

Moeg vir die geraas en lawaai van die telefone? Kom skop jou skoene uit by hierdie ten volle toegeruste selfsorg eenheid waar jy die rustigheid van die Bosveld om jou kan ervaar. Hierdie spog-eenheid op Leeupoort in ‘n boomryke omgewing en bring die natuur tot by jou. Die voëlgeluide laat jou totaal ontspan en jy vergeet gou van die gejaagde lewe terwyl die rustigheid jou wegvoer.

Leeupoort: Hawk 636

Hawk 636 - Foto 01 (640)

Naam van Eenheid: Hawk 636

Vir die volmaakte wegbreek-geleentheid. Hierdie wooneenheid is binne `n natuurreservaat geleë waar jy met jou eie voertuig tussen die wild kan rondry en voëls kan besigtig.

Jy kan ook die natuur en die rustigheid van die natuurreservaat beleef terwyl jy alleen in die wandelroetes kan stap. Die kinders kan buite veilig baljaar en in die sand speel, of hulle kan rondrits met fietse om die omgewing te gaan verken.