Tag Archives: Boer

Leeupoort: IT`S TIME!

IT`S TIME – `n Boer het in sy bakkie gery en op `n video sy kommer oor die toestand in die land uitgespreek en gevra dat iets gedoen word. By die huis het hy dit op internet afgelaai en gebid. Toe hy sy oë oopmaak , was daar `n oproep uit Australië waar iemand dit al gesien het. Angus Buchan het die oproep ook gehoor en toe daaroor gebid. “Its Time!” het Angus in sy hart gehoor en dit wyd bekend gemaak. `n Miljoen biddende mense byeen op een plek!  In die middel van Suid Afrika. Vir Suid Afrika! Dit moet binne ses weke wees! “Prakties onmoontlik!” het mense gemeen. Dit het dan `n jaar geneem om `n byeenkoms te Loftus vir

Leeupoort; Tarentaalpastei

TARENTAALPASTEI – Die gewone tarentaal word in Leeupoort Vakansie Dorp aangetref. Hulle kom oor die hele Afrika voor.  Daar is verskillende soorte tarentale in Afrika maar hierdie is die gewone tarentaal. Hulle lê hul eiers onder `n bos waar dit onopsigtelik is. Die bobbejane, ape en gebande muishonde hou baie van die eiers met die gevolg dat daar maar min eiers uitgebroei word.

`n Boer van die bosveld het tarentaal eiers deur `n hoenderhen laat uitbroei by die beeskraal, die tarentaal kuikens het groot geword in die kraal