Tag Archives: Broei

Kwaai Voeltjie

BONTKIEWIET – Baie kwaai en regtig baie braaf om af te duik na jou toe en daarby geweldig hard op jou skree om jou weg te jaag van hul nessie met eiertjies wat in `n holtetjie in die oopte tussen die kort grassies gekamoufleer is. Die bontkiewiet, soos hul gedrag is, het hul tuiste by die groot dam in die reservaat op Leeupoort Vakansiedorp gemaak waar dit oop is om te kan sien wat hul lewens mag bedreig. Hulle is gewoonlik paartjies

Bospatrys

NATUUR – Vroegoggend maak ‘n Bospatrys jou wakker met sy skril geskree om die dag aan te kondig. Hulle loop in klein familie-groepies. Gewoonlik die mannetjie, wyfie die vorige kuikens en die huidige kuikens. Sodra die grotes kos raakloop gee hulle ‘n sagte gepiep om die kuikens te roep om deel te wees van die maaltyd. Hulle vreet gewoonlik gras-saadjies, sade van ander plante en insekte. Jy kry baie maal waar ‘n Bospatrys in die mis van ‘n dier skrop om by die saadjies uit te kom.

Leeupoort: Wysheid in die Wolke

WEWERS – Aangeleerde gedrag kan mens so effens begryp, maar die instinkding is en bly `n enigma, `n raaisel,`n knoop wat niemand nog kon losmaak nie. In `n eksperiment is daar `n paar geslagte lank verskeie vinkspesies ( noen hulle maar wewers) in hokke geteel sonder dat daar geskikte material, soos grashalms, vir hulle gegee is om hul neste mee te bou.   Ander “geskikte” neste is deur die voëls gebruik om in te broei. Na vele geslagte is daar toe weer vir die nageslag geleentheid gegee om op hulle besonderse wyse hulle neste te bou, of kom ons së maar te weef. Sonder dat hulle ooit sulke neste of