Tag Archives: Drankwinkel

Ken Leeupoort Vakansiedorp

KEN LEEUPOORT VAKANSIEDORP – Leeupoort Vakansiedorp is `n ekodorp binne `n natuurreservaat sowat 70 km vanaf Bela Bela op die Rustenburg/Thabazimbi-pad. 100 km vanaf Britz op de Thabazibipad en 50 km vanaf Thabazimbi. Daar is 1100 erwe waarvan 700 reeds bebou is en daar is 500 permanente inwoners. Die dorp is in 1981 gestig as gevolg van ondergrondse warmwater maar die warmwater het mettertyd sy hitte verloor. Daar is twee groot swembaddens by die karavaanpark en een groot swembad by die winkel by die ingang na Leeupoort.