Tag Archives: Feesrede

Konsertina-Fees Jaag Vir Die Rekord

KONSERTINA-FEES JAAG VIR REKORD – Vanjaar word ‘n unieke Konsertina-fees van 3 tot 5 April 2020 op Leeupoort Vakansiedorp aangebied! Verskeie bekende orkeste gaan optree met Boet (Dimpel) Pretorius wat die feesrede gaan lewer. Tydens die fees gaan daar gepoog word om ‘n 30 jaar oue rekord van 41 konsertina-spelers wat gelyktydig optree, te verbeter.

Kos en ander stalletjies gaan bydra tot die feestelike atmosfeer, terwyl woonwa staanplekke gratis beskikbaar gestel word.