Tag Archives: Heuningby

Gezoem van die Bye

PERDEBY – Wanneer die perdeby jou steek weet jy dat jy gesteek is. Nou die dag wil ek `n tak afsny wat teen die dak by Ifafa 732 op Leeupoort krap. Die leer word teen die muur staan- gemaak en die leer word bestyg. Ek vat toe per ongeluk aan die balk wat onder die teeldak sigbaar is en dit is toe waar die perdebye hul nes gebou het. Die een by steek my op die bolip en dis asof iemand my met `n hammer op die mond slaan. Met die geweldige skok gryp ek na my lip, verloor balans en voeter van die leer af.