Tag Archives: Ifafa732

Brand Jou Skildery

BRAND JOU SKILDERY – Pirografie is sekerlik die oudste vorm van skilder. Word genoem houtbrand-kuns. Voor die mens verf kon uitdink het ons voorvaders met `n skerp houtjie met `n koletjie aan die punt figure op `n sagte stuk hout uitgebrand of boodskappe geskryf of die geskiedenis vasgelê.

So het M J Labuschange in 1971 by `n uitstalling wat in Nedbank Lephalale ( destyds genoem Ellisras ) vir die Ellisrassers kom wys hoe jy met

Gezoem van die Bye

PERDEBY – Wanneer die perdeby jou steek weet jy dat jy gesteek is. Nou die dag wil ek `n tak afsny wat teen die dak by Ifafa 732 op Leeupoort krap. Die leer word teen die muur staan- gemaak en die leer word bestyg. Ek vat toe per ongeluk aan die balk wat onder die teeldak sigbaar is en dit is toe waar die perdebye hul nes gebou het. Die een by steek my op die bolip en dis asof iemand my met `n hammer op die mond slaan. Met die geweldige skok gryp ek na my lip, verloor balans en voeter van die leer af.