Tag Archives: Leeupoort

Verskille tussen Skoenlappers en Motte

Min van ons weet wat die verskil is tussen `n skoenlapper en `n mot.
Daar is groot verskille en dit is opmerkilik hoe elkeen aangepas is in die natuur.
Albei soorte het 2 voelers en ses pote. Skoenlappers vlieg bedags en motte weer snags. Dan het skoenlappers helder kleure om pragtig in die dag te vertoon en daarteenoor het motte weer donker kleure om meer onopsigtelik in

die nag rond te vlieg. Op Leeupoort Vakansiedorp is daar skoenlappers sowel motte. Dit wil voorkom dat daar ook meer otte te voorskyn kom.
Skoenlappers is meer skraal gebou waar motte weer meer mollig gebou is.
In Suid Afrika is daar sowat 800 spesies van skoenlappers en daarteenoor is daar meer as 7000 bekende motte.
`n Verdere verskil is dat skoenlappers se antennas knopkierevormig is en die antennas van motte verskil van mekaar .

Hadeda se Ha-Ha-Ha-Deda!!

Hadeda se Ha-Ha- !!

Ha-ha-ha-de-dah skree die hadeda terwyl hy opvlieg vanaf die grasperk waar hy gogggas onder die grond uitgesnuffel het. Die skril en besonder uitermatige harde skree is afgelei van die geraas wat hy maak.
Hierdie dier moet goeie reukorgane hê of hy moet die erdwurm of kewer onder die grond hoor. Hy sal oor die grasperk loop,

skielik gaan staan en sy snawel so 60 mm diep in die grond in druk en sy prooi onder die grond uitboor met daardie skerp snawel van hom. Die hadedas vreet tuingoggas soos wurms, slakke, spinnekoppe, akkedisse en kewers wat hulle in die tuin teekom. `n Lekkerny is erdwurms wat onder die grond by die wortels van die gras uitgehaal word. Hulle maak hul plat neste van takkies hoog in `n doringboom waar die beskermd en onopsigtelik is. Die wyfie lê gewoonlik twee eiers en dit neem so 21 dae om uit te broei.
Hulle het lang vlerke en daarmee kan hy maklik deur nou en kronkels tussen bome en huise deurvleg. Hulle is lief om op die dakke van huise te sit sonder om `n geluid te maak maar sodra hulle gesteur word skree hulle luidkeels daardie nare geluide en vlieg verward weg.

Op Leeupoort Vakansiedorp kompeteer die hadeda met die gebande muishonde vir goggas en wurms.

Brulpadda

Die brulpadda is Suid Afrika se grootste padda en daar is sowat 100 spesies paddas in ons land.
Wanneer gebore het die kalant kiewe soos `n vis en het `n stert waarmee hy swem. Na sowat drie weke verwissel hulle totaal van gedaante en kry longe soos landsdiere en leef op die droëgrond en verloor die sterk en kry pote. Hulle lê eiers wat in slym gewoonlik aan takke van bome of ander struike hang en word dan deur die son uitgebroei.
Paddas drink nie water nie en vog word deur hul velle

 

geabsorbeer en in `n interne watersak gestoor. In droë tye skei die brulpadda `n stof deur sy vel af wat `n kokon om hulle vorm wat aangewend word om die vel klam te hou sodat hulle kan asemhaal en voort leef. Die wyfie lê tussen 3000 en 4000 eiers op `n slag. Die eiers broei so vining as 3dae nadat dit gelê is uit, Die paddavissies vreet weer mekaar, plante/blare/bloeisels en insekte wat hulle in die hande kry. Die pa pas hulle op totdat hulle na die sowat drie weke verwissel in paddas.
Die brulpadda vreet eintlik enige ding van insekte, reptiele, klein voeltjies en paddavissies. In die Pretoria Dieretuin het `n brulpadda `n rinkhals slang gevang en gevreet.

Op Leeupoort Vakansiedorp het ons die brulpadda by die eendedam al gesien.
Wanneer jy hom pla sal hy jou byt as hy jou kan bykom. Hulle is nie giftig soos slange nie.
Daar is lande waar dit wettig is om brulpaddas aan te hou. Dit is aangeteken dat `n brulpadda wat in aangehouding was vir 35 jaar geleef het.

Goeie Nuus vir Sjokoliste!

Vir talle van ons is een van die grootste vreugdes van die lewe om jou tande in `n sjokoladestafie in te slaan.
In `n studie deur die Universiteit van Suid- Australië was 1000 mense 30 jaar lank waargeneem en `n hele reeks gesondheidsaanwysers gemeet. Die ondersoek het probeer bepaal of die gereelde eet van sjokolade met beter breinfunksie verband hou. Hulle het die effek daarvan op geheue, konsentrasie, redenering en die werking van inligting ontleed.

 

Dit het onderandere behels dat die deelsnemers se vermoë om `n lys woorde te onthou en te herroep getoets is, of om te onthou waar `n voorwerp neergesit is, inligting te onthou, dit te verwerk en dan te onthou. Die studie het bevind dat mense wat ten minste eenkeer per week sjokolade geëet het, beter gevaar het as diegene wat minder sjokolade geëet het.
Dit kan wees as gevolg van flavanol, wat volop in sjokolade en kakao voorkom, en wat voorheen al getoon het dat dit die risiko vir dementia vertraag, gewigstoename help beveg en die gevalle van hartsiektes en tipe-2- diabetes help verminder.
Die verwantskap tussen sjokolade-inname en beter breinfunksie het betekenisvol gebly selfs toe die navorsers aanpassings gemaak het vir faktore soos ouderdom, geslag, opvoeding, cholesterol, glucose, bloeddruk en alkohol inname.
Sjokolade behoort egter as deel van `n gesonde diet en leefstyl geëet te word. `n Vorige studie het bevind dat `n daaglikse dosis sjokolade dementia en Alzheimer se siekte kan keer. Navorsers het bevind dat `n mens elke dag kakao inneem, matige kognitiewe inkorting – `n toestand wat geheueverlies insluit wat dementia en Alzheimers kan aanhelp – by bejaardes kan verbeter.

( Met vergunning van Bospatrys, Leeupoort Vakansiedorp.)

Skillie Trek sy Kop In.

Skilpaaie hou op groei wanneer hulle sowat 20 jaar oud is. `n Skilpad se ouderdom kan bepaal word deur die getal groeiringe op elke plaat van sy dop te tel.
Die mens is verseker besig om die voortbestaan van die skilpad en sy kind te bedreig.
Baie skilpaaie word doodgemaak vir hulle vleis en doppe. Die doppe word gebruik om aandenkings van te maak. Hulle word ook deur honde en jakkalse doodgebyt. Dit is onwettig om skilpaaie aan te hou of te vervoer.

 

Indien wel vervoer moet word moet daar eers `n permit van Natuurbewaring verkry word.
Skilpaaie is habitatgebonde en hou niks van verandering nie. Skilpaaie plant jaarliks voort en is eierlêend. Afhangend van hulle spesie eet hulle dier-en plantmateriaal. Daar is gemerkte skilpaaie op Leeupoort Vakansiedorp en die mense los die skilpad in vrede.