Tag Archives: Mannetjie

Blouaap

Die tropgrootte van blouape is so 20- 25 en hul aanvoerder is `n dominante wyfie. Wyfies bly lewenslank in hulle oorspronklike trop. Mannetjies emigreer ten tye van die aanvang van puberteit, trek dan van trop tot trop, en spandeer omtrent drie jaar in ‘n trop voordat hulle weer aanbeweeg. Mannetjies en wyfies se hiërargie is verskillend; slegs die mannetjies van hoër rang het toegang tot bronstige wyfies. Sosiale hegtheid vind plaas deur middel van onderlinge versorging van mekaar se pelse.

 

Troppe het goed-gedefinieerde groepsgebiede met duidelike grense.
Wat die blouaap op Leeupoort Vakansiedorp lasting maak is dat hulle deur die diefwering klim en groot skade binne `n huis kan aanrig. Daar is mense wat hulle voer wat beteken dat hulle te mak word en mense aanval wat kos in die hand het. Hulle kan baie agressief raak wanneer dit by kos kom en dit is die rede waarom die ape kort kort besoek aflê by die plekke waar daar kos is.

Hulle het sowat 30 verskillende gebruike van hul stemme waarmee hulle kommunikeer. Soos wat hulle in die veld wei kommunikeer hulle met mekaar en waar hulle kos sien laat weet hulle die ander om nader te staan. Sodra daar gevaar is sal jy die skril geskree hoor waarna hulle almal op die hoede is.
In Ladanna, Pietersburg, is daar onlangs mense aangeval wat gehospitaliseer moes word en die rede was dat daar mense is wat vir hulle kos gee. Mense wat die blouaap onwettig aanhou as `n troeteldier moet later wanneer die aap groot is en mense beseer laat uitsit of ontslae raak.

Bospatrys

NATUUR – Vroegoggend maak ‘n Bospatrys jou wakker met sy skril geskree om die dag aan te kondig. Hulle loop in klein familie-groepies. Gewoonlik die mannetjie, wyfie die vorige kuikens en die huidige kuikens. Sodra die grotes kos raakloop gee hulle ‘n sagte gepiep om die kuikens te roep om deel te wees van die maaltyd. Hulle vreet gewoonlik gras-saadjies, sade van ander plante en insekte. Jy kry baie maal waar ‘n Bospatrys in die mis van ‘n dier skrop om by die saadjies uit te kom.

Leeupoort: Broeigedrag van Voëls

Alfa broeigedrag kom voor by groep- of familievoëls waar daar een broeipaar is (alfa mannetjie en wyfie vermoedelik die oudste wyfie.)

By sommige groepe broei slegs die wyfie terwyl die res van die familie verantwoordelik is vir die aandra van kos en later die versorging van die kuikens nadat dit uitgebroei is. Dit is komies om te sien as daar `n jongeling tussen die groep  is hoe hy/sy met oorgawe sy vlerkies fladder en kla en die hele groep dra kos aan. Hulle kom in groepe van 5  tot 10 voor. Meeste van die groepe bestaan uit voëls wat familie van mekaar is, dit sluit dus die vorige jare se broeisel in. Hierdie groepe is gedurig met mekaar in verbinding deurdat hulle onophoudelik met mekaar kommunikeer met tipiese geluide.

 

Die Langstertlaksmanne, van onder andere Leeupoort, kom in klein swerms van tussen 5 en 10  voëls in die bosveld voor waar hulle opsigtelik op die top van `n sytak of boom sit en ook langs die paaie op drade en pale. Hulle is insekvreters en ons almal ken hulle kenmerkende roep wat soos “tilodi” klink. Vandaar ook sy Tswana naam.Hier funksioneer `n alfa mannetjie en wyfie. Die mannetjie en helpers dra kos aan vir die wyfie terwyl sy op die nes sit en roep vir kos soos `n klein voëltjie.

( Geplaas met vergunning van Die Bospatrys – Nuusblad van Leeupoort en omgewing ( www.bospatrys.co.za )

Leeupoort: Loer om die Hoek

Sodra jy nader kom aan die boom waar hy teen die stam sit sal hy probeer agter die stam om beweeg met die doel dat jy hom nie sien nie. Ons het dit aanskou op Leeupoort. Hulle soek gewoonlik die sonkant van die boom of klip waar hulle hul tuismaak.

Die mannetjie van die koggelmander het `n blou kom en die wyfie se hele liggaam is vaal. In die diereryk is die mannetjie gewoonlik meer aanskoulik as die wyfie. By wildsbokke is dit oor dieselfde maar by die mens is die vroutjie mooier as die man!!

 

Die koggelmander wyfie lê haar eiers in die sagte grond. Hul lê sowat 10 sagtedop eiers. Die diet van hierdie reptiele is klein insekte, miere, termiete, motte en ander goggas.

Hulle slap gewoonlik slegs snags en wel in die holte van tak.

Daar is mense wat meen dat die koggelmander giftig is maar dit blyk nie so te wees nie. Die grillerige voorkoms laat mens dink dat hierdie reptiel giftig is.

Daar is mense wat meelwurms vir hulle uitsit want hulle woon gewoonlik Is`n bepaalde gebied.

Rooibek van Leeupoort Vakansiedorp

Rooibekneushoringvoel voor die nes waar binne twee kleintjies is. Gewoonlik pleister hulle die bek van die nes toe met slegs `n skrefie oop waardeur die mannetjie en wyfie die kleintjies voer.

Die mannetjie voer die wyfie terwyl sy in die nes sit. Hy voer haar deur die gleufie wat hulle voor die gat gepleister het. sy broei op die eiers terwel sy sonder vere daar sit. Wanneer die eiers een na die ander oor n periode van `n paar dae uitgebroei het breek sy die gat groter sodat sy kan

 

uitgaan en om saam met die mannetjie die kleintjies te voer. Die bek van die nes word weer toegepleister sodat daar net `n gleufie oop is om die kleintjies te kan voer.

Hulle voer die kleintjies totdat hulle groot genoeg is ,hulle genoeg vere het en hul bek sterk genoeg is om die nes een na die ander oor `n paar dae te verlaat. Hulle pik die bek van die nes groter om te kan uitgaan.

Daar op Leeupoort is `n hele paar koutkaste by huise aangebring waar die rooibekke in rustigheid kan broei. Verskeie besoekers aan Leeupoort Vakansiedorp het die uitbroei al self beleef.