Tag Archives: Modder

Snorre in die Modder

NATUUR – Seker die lelikste plat vis op aarde wat ook ongelooflik lank buite die water kan oorleef. Met sy plat voorkoms en lang snorre is hierdie dier bekend as die baber wat in albei die gronddamme op Leeupoort Vakansiedorp voorkom. Wat hom ook uitsonderlik maak is die twee rye tandplate aan die bokaak. Die baber oorleef in min water en ook in die modder.

Daar word vertel dat babers van `n gronddam wat feitlik leeg was geseil en gespartel het na `n ander gronddam sowat 100 meter uitmekaar.