Tag Archives: Orkes

Leeupoort: Boeremusiekgildefees- 9 September 2017

Die 10 Jarige Boeremusiekfees op Leeupoort Vakansiedorp was `n reuse sukses. Dit was tien jaar nadat die Boeremusiekgilde-monument opgerig was. Hierdie monument is die eerste van sy soort in Suid Afrika.
Daar was 29 orkeste wat Saterdag vanaf 8.30 tot 11 uur die aand opgetree het en gekom van die Kaap tot Messina. Twee was junior orkeste.
Kosie Beukes, 10 jaar oud, was met hierdie fees weer op Leeupoort. Hy is bekend vir sy trekklavier spel. Kosie het onlangs in Amerika `n silwer

 

medalje verower vir die beste instrumentalis in `n kompetise waar daar 28 lande aan deelgeneem het.
Die 11 jarige Coenraad Harmse het sy eie orkes en het `n eerste prys verower as beste Vastraporkes. As prys sal Deon van der Merwe deur sy platemaatskappy, Johannesburg, vir Coenraad `n gratis opname maak. Willie Viljoen, oorlede Ollie se seun, die aanbieder van Vastrap op RSG het ook die verrigtinge bygewoon.
Daar was fotos van die 130 musikante by die Boeremusiekgilde – monumet geneem asook fotos van 6 Boeremusiek ikone waar onder ikone genoem die “Die Ou Toppies “ van die Kaap. Verder was daar ook `n foto geneem van Pieter Bodenstein wat met `n spesiale toekenning vereer is as nie-musikant betrokke by Boeremusiek. Pieter wat woon op Leeupoort, was sedert 1987, met die oorsprong van Leeupoort Vakansiedorp, betrokke by onder andere Boeremusiek op Leeupoort.

Leeupoort- Boeremusiekfees. 9 Sept 2017

Tien jaar gelede het die Boeremusiekgilde die Boeremusiek-monument op Leeupoort opgerig en 9 September 2017 word die herdenking gehou.
Met daarde geleentheid sal die tema “Volkspele” wees. `n Groot aantal Boere-orkeste het reeds te kenne gegee dat hulle by hierdie besondere geleentheid kom optree. Van die orkeste het al begin plek bespreek want daar is beperkte akkommodasie beskikbaar. In die verlede was die akkommodasie al `n maand voor die tyd vol bespreek.

 

Die manne is besig op baard te laat groei vir hierdie spesiale gebeurtenis!
Ander verrassings gaan wees die Ou Toppers Orkes van die Kaap en ‘n baie bekende, gewilde sportpersoonlikheid gaan ook die Fees bywoon.

Baie feesgangers maak ook van die geleentheid gebruik om wild te kyk. Party besoekers geniet die diere wat hulle by die huise besoek en ander ry deur die reservaat om meer wild te besigtig.