Tag Archives: Rooibek

Leeupoort: Grysbekneushoringvoël in kas.

GRYSBEKNEUSHORINGVOEL – Met sy skril fluitgeroep verskil die grysbek se geroep drasties van dié van die geelbek en rooibek wat weer dieselfde klink. Leeupoort is gelukkig om al drie hierdie soorte neushoringvoëls te kan hê. Hulle bly redelik uit mekaar se pad. Op Leeupoort is `n inwoner wat die broeikaste maak en daar is `n hele klompie inwoners wat kaste aangeskaf het en by die huise aan bome aangebring het. Hierdie kaste se ingang moet in `n sekere rigting aangebring word en die grootte en hoogte is ook `n faktor.