Tag Archives: Rooibok

Rol Boeta Rol!

Gaan sit by daardie misbolletjies waar die miskruier besig is om sy bolletjie uit te kerwe uit die eland of rooibok se mis. Die miskruier gebruik nie die bestaande bolletjie van die wildsbok se mis nie maar maak sy eie bolletjie.

Op Leeupoort Vakansiedorp waar jy die waarnemings maklik kan maak waar jy plat op jou blaker sit en besef dat daar ook groot kompetisie is onder die miskruiers self. Die paartjie probeer om so gou as moontlik die korrekte grootte na smaak rond te vorm om maklik weg te rol waarna dit so gou as moontlik na `n ander plek gerol moet word waar dit in sagte grond begrawe moet word waarin hulle dat hul kleintjies gaan grootmaak.

Spog Rooibokke van Leeupoort.

Rooibok

ROOIBOKKE – Hierdie boksoort is in feitlik elke land in Afrika teenwoordig en ook seker die mees gesogde en populêre wildsbok. Die rooibok is seker ook die mees grasieuse wildsbok. Hul voedsel is hoofsaaklik blare, sade, fyn takkies en gras. In die Kruger Park is daar ongeveer 130,000 rooibokke, wat meer is as al die ander wildsbokke saam.

Die volwasse rooibokram weeg sowat 50 kg. Hierdie wildsbok kan ongeveer 3 m hoog spring en sowat 12 meter vêr.