Tag Archives: Troupand

Troupand

TROUPAND – Veelkleurige voëls met ‘n stewige snawel. Hulle jag van uitkykposte soos boomtoppe of oop takke en is veral lief om op drade langs oop pad-reserwes te sit vanwaar hulle insekte vang deur af te duik grond toe of hulle vang prooi in die lug. Hulle duik veral in ‘n tuimel beweging vandaar die engelse benaming ” roller”. Geslagte lyk eenders. Hulle is alleen broeiers en albei ouers broei en voer die kleintjies.