Tag Archives: Vis

Brulpadda

Die brulpadda is Suid Afrika se grootste padda en daar is sowat 100 spesies paddas in ons land.
Wanneer gebore het die kalant kiewe soos `n vis en het `n stert waarmee hy swem. Na sowat drie weke verwissel hulle totaal van gedaante en kry longe soos landsdiere en leef op die droëgrond en verloor die sterk en kry pote. Hulle lê eiers wat in slym gewoonlik aan takke van bome of ander struike hang en word dan deur die son uitgebroei.
Paddas drink nie water nie en vog word deur hul velle

 

geabsorbeer en in `n interne watersak gestoor. In droë tye skei die brulpadda `n stof deur sy vel af wat `n kokon om hulle vorm wat aangewend word om die vel klam te hou sodat hulle kan asemhaal en voort leef. Die wyfie lê tussen 3000 en 4000 eiers op `n slag. Die eiers broei so vining as 3dae nadat dit gelê is uit, Die paddavissies vreet weer mekaar, plante/blare/bloeisels en insekte wat hulle in die hande kry. Die pa pas hulle op totdat hulle na die sowat drie weke verwissel in paddas.
Die brulpadda vreet eintlik enige ding van insekte, reptiele, klein voeltjies en paddavissies. In die Pretoria Dieretuin het `n brulpadda `n rinkhals slang gevang en gevreet.

Op Leeupoort Vakansiedorp het ons die brulpadda by die eendedam al gesien.
Wanneer jy hom pla sal hy jou byt as hy jou kan bykom. Hulle is nie giftig soos slange nie.
Daar is lande waar dit wettig is om brulpaddas aan te hou. Dit is aangeteken dat `n brulpadda wat in aangehouding was vir 35 jaar geleef het.

Tjip-tjirrrrrrrrrr op Leeupoort

 

Tjip-tjirrrrrrrr is `n bekende geluid op Leeupoort.

Miekie Maree het `n stuk in Die Bospatrys van November 2016 geskryf oor die groot verskeidenheid van visvangers wat hulle opwagting op Leeupoort maak. Die agt soorte visvangers is elkeen uniek van kleur en hul geluide verskil ook aansienlik.

 

Al die soorte vang nie net vis nie want party vang insekte en klein diertjies soos paddas. Hulle vang die prooi op die grond en partykeer in die lug, gaan sit in die boom en slaan die prooi teen die boomstam dood waarna hulle dit dan op vreet.

Die visvangers broei in gate in bome of in walle waar hulle self die neste gemaak het. Beide die mannetjie en wyfie voer die kleintjies.

Die agt soorte visangers wat op Leeupoort voorkom is sekerlik die kleurrykste voël wat ons in ons land het. Die tjip-tjirrrrrrr geskree van die bosveldvisvanger is seker die bekendste van al agt soorte visvangers op Leeupoort. Van hulle vladder bokant die water totdat hulle `n vis sien waarna hulle op die prooi sal afduik. Ander vang die goggas in die lug en ander vang die goggatjies soos paddas wat op die grond is.

Om hierdie pragtige voëls te wil bekyk gaan in op www.leeupoort.com of epos gaangroen@@gmail.com en doen `n bespreking teen billike pryse.