Tag Archives: Voel

Hang aan `n Doring

LAKSMAN – Party van hierdie laksmanne hang die prooi aan `n doring op om later ge-eet te word – maak dus voorsiening vir die dag van more. Die laksmanagtige groep voëls wat hier op Leeupoort Vakansiedorp en omgewing voorkom is maar `n deel van die totaal. Ulrich Oberpreiler beskryf hierdie groep as ‘n uiteenlopende groep families wat insluit egte laksmans, boslaksmans, helmlaksmans, sneeuballe, tjagras en waterfiskale. (Engels: Shrikes). Hulle is frisgeboude roofsugtige voëls met stewige haakpuntsnawels. Hulle vreet insekte en ander ongewerweldes, party vreet selfs klein

Leeupoort: Gesplete Tong

LIKKEWAAN – Met sy gesplete tong ruik die likkewaan sy prooi wat hy volg om te gaan vang. Hy het sterk kake en byt nogal hard en jy moet net nie met hom gaan lol nie. Hulle lê tot 20 eiers in `n gat van ongeveer 15 cm diep. Van geboorte af sorg die kleintjies vir hulle self met die gevolg dat daar maar min is wat oorleef om groot te word. Daar is likkewane op Leeupoort wat op die plafonne van huise woon. Mens jy hoor hulle maklik want hulle maak groot