Tjip-tjirrrrrrrrrr op Leeupoort

VISVANGER – Tjip-tjirrrrrrrr is `n bekende geluid op Leeupoort. Miekie Maree het `n stuk in Die Bospatrys van November 2016 geskryf oor die groot verskeidenheid van visvangers wat hulle opwagting op Leeupoort maak. Die agt soorte visvangers is elkeen uniek van kleur en hul geluide verskil ook aansienlik. Al die soorte vang nie net vis nie want party vang insekte en klein diertjies soos paddas. Hulle vang die prooi op die grond en partykeer in die lug, gaan sit in die boom en slaan die prooi teen die boomstam dood waarna hulle dit dan op vreet. Die visvangers

broei in gate in bome of in walle waar hulle self die neste gemaak het. Beide die mannetjie en wyfie voer die kleintjies.

Die agt soorte visangers wat op Leeupoort voorkom is sekerlik die kleurrykste voël wat ons in ons land het. Die tjip-tjirrrrrrr geskree van die bosveldvisvanger is seker die bekendste van al agt soorte visvangers op Leeupoort. Van hulle vladder bokant die water totdat hulle `n vis sien waarna hulle op die prooi sal afduik. Ander vang die goggas in die lug en ander vang die goggatjies soos paddas wat op die grond is.

Om hierdie pragtige voëls te wil bekyk gaan in op www.leeupoort.com of epos gaangroen@@gmail.com en doen `n bespreking teen billike pryse.