GEBANDE MUISHOND – Hierdie diertjies se gedrag is feitlik dieselfde as die van die meerkat. Die gebande muishond loop in groepe van 7 tot 70. Hul sagte “tweet- tweet” geluide is hul kommunikasie kanaal wat die groep bymekaar hou. Op Leeupoort Vakansiedorp beweeg die trop van huis tot huis op te soek na wurms, insekte, klein akkedisse, muise, rotte, slakke, vrugte en eiers.
Die mamma is vir slegs 60 dae dragtig en kry van twee tot 6 kleintjies. Hulle is blind gebore met die gevolg dat hulle kan nie rondloop en wegraak nie en na 5 weke gaan die ogies oop en hulle sluit dan by die trop aan. Die kleintjies drink aan enige mamma wat melk produseer en almal hou wag oor die kleintjies.
Die groepe of troppe is vyandig teenoor mekaar en partykeer kan dit lei tot die dood van anders. Die gebande muishonde is ook bekend vir behendigheid met `n eier. Met die voorpote word die eier tussen die agterpote deur na iets hards gegooi sodat die eier kan breek om die inhoud dan te vreet. Die gevolg van die vreet van eiers is dat daar min fisant, patrys en tarentaaleiers uitbroei.