Leeupoort: Ifafa 732

Naam van Eenheid: Ifafa 732 Akkommodasie

Dis `n belewenis om Leeupoort te besoek; tuis te gaan in hierdie netjiese en gerieflike 3 slaapkamer chalet, een slaapkamer ensute, in `n wildreservaat met ‘n unieke atmosfeer. Die wild loop tussen die huise rond, die voëls maak jou soggens wakker en jy kan ontspan onder die bome.

Dit is ‘n veilige omgewing en jy kan met ‘n geruste hart hierdie wonderlike natuur ervaar saam met jou kinders en familie. Die kinders kan na hartelus fietsry en buite speel in die veilige omgewing. Kuier saam met jou gesin by hierdie netjiese eenheid met sy 3 slaapkamers/ slaap tot 8 persone plus `n bababedjie en twee badkamers, en skottelgoedwasser wat jou lewe gerieflik maak en geniet die buite lewe waar die “esbraai” en sundowner-swembad vir jou wag. Lugversorger, DSTV gereed vir gebruik.

Met ‘n besige leefstyl verdien mens soms ‘n bietjie wegbreek. Hierdie is die ideale geleentheid teen baie bekostigbare tariewe. Kom kuier dus gerus en geniet die rustigheid, veld en natuur waar jy saans heerlik langs ‘n vuurtjie kan kuier terwyl die sterre helder vir jou knipoog, en bosveldgeluide soos musiek in jou ore is.

Prys buite seisoen:  Kinders onder 6 jaar gratis, kinders tussen 7 en 10 jaar halfprys en res R250 pp per nag. Ten minste 2 volwassenes en ten minste 2 nagte.

FASILITEITE

BESKRYWING HOEV
Slaapkamers 3
Badkamers 2
Kombuis 1
Eetplek 1
Sitkamer 1
Koninginbeddens 2
Enkelbeddens 4
Ys-Vrieskas 1
Vrieskas 1
Stoof 1
Mikrogolf 1
Lugreëling Ja
Waaiers Ja
Braaiplek Ja
Swem Ja
Handdoeke Nee
Lakens Ja
Duvets Ja
Komberse Ja
Kussings Ja
Bad Ja
Stort Ja
TV Ja
DSTV Ja