NATUUR – Min van ons ken die verskille tussen skoenlappers en motte. Daar is groot verskille en dit is opmerklik hoe elkeen aangepas is in die natuur.
Albei soorte het 2 voelers en ses pote. Skoenlappers vlieg bedags en motte weer snags. Dan het skoenlappers helder kleure om pragtig in die dag te vertoon en daarteenoor het motte weer donker kleure om meer onopsigtelik in die nag rond te vlieg.
Skoenlappers is meer skraal gebou waar motte weer meer mollig gebou is. Skoenlappers se vlerke is meesal toegevou wanneer hulle gaan sit terwyl hulle hul vlerke kan oopmaak vir vertoon of as afskrik metode, en motte se vlerke is meesal oop of byna parallel met die oppervlak waarop die mot sit.
`n Verdere verskil is dat skoenlappers se antennas knopkierie-vormig is en die antennas van motte verskil volgens die spesie.
Op Leeupoort Vakansiedorp is daar skoenlappers sowel motte. In Suid Afrika is daar sowat 800 spesies van skoenlappers en meer as 7000 bekende motte.