Voetslaan

Voetslaanpaaie op Leeupoort

VOETSLAAN – Al wat jy moet doen is om rugsakke te pak en vir elkeen `n bottel water saamneem. Elkeen moet `n wandelstok vat want `n ou loop lekkerder met `n stok in die hand want daar is plekke waar jy van die takkies moet wegstoot hier op Leeupoort se voetslaanpaaie. Wanneer die paadjies kronkel besef jy nie dat jy al `n hele ent gestap het nie.

Die ontbyt wat in die rugsakke gepak is moet by die klipkoppie ge-eet word want dan sal jy al lekker dun voel om die maag. Gedurende die stap

loop jy ander stappers raak en gewoonlik word daar eers gekuier en verneem wat te wagte is. Die fisante se harde geskril tref jou die eerste en onmiddellik voel jy tuis in die natuur. Hierdie natuurreservaat het seker van die makste wilde diere in die Republiek.

Ons sien dat baie mense vroeg oggend so teen ses uur stap wanneer dit lekker verfrissend is. Die stilte word verbreek deur die gesing van die voëls en die geblaas van die rooibokramme. Dis so ontspanne dat jy vergeet van die daaglikse lawaai van die stad met sy gejaagde lewe.

Die Kwêvoël wat daar bo in die bome sit en skree om mense se posisie te verraai, waarsku die wild van gevaar wat nader. Gelukkig is die diere nie wild nie en kry jy kort-kort rooibokke, koedoes en blouwildebeeste wat wei en hulle nie veel steur aan mense nie.

Dit is heerlik in hierdie vakansiedorp wat binne `n natuurreservaat is waar die diere tussen die huise rondloop. Baie van die wild is al so bederf deur die besoekers dat hulle van huis na huis loop om iets te ete soek. Baie van die inwoners en besoekers gee kos vir die diere en dit maak die diere nog maker.

Wild Kameelperd 640×480
Wild Blouwildebeeste 640×480
Stap Dam 640×480
Stap Onkruid 640×480
Stap Sampioen 640×480
Stap Veldblom 640×480
Stap Dam 640×480