ONOORDEELKUNDIG – Oordeelkundige gebruik en bestuur van weiding is uiters belangrik om die gehalte van weiding vir wild te verseker. Oorbeweiding veroorsaak uittrap van smaaklike grasse, bevorder gronderosie, vestiging en vorming van harde kaal kolle waar geen gras groei nie en minderwaardige indringer grasse soos kweekgras vestig omdat hulle nie geredelik gevreet word nie. Die gevolg is dat indringer bos soos die sekelbos gevestig word.
Grasvretende wilde diere vreet die smaaklike grasse met die gevolg dat hulle meer konsentreer om die vleigebiede op Leeupoort Vakansiedorp. Dit is ook die rede dat die wild meer waargeneem kan word in daardie gebiede.
Weidingbestuur met wild is baie moeilik. Eerstens moet wildgetalle aanpas by die grondtipe en grond- en weidingtoestand. Wat kan help dat smaaklike grasse vestig en behoue bly kan takke op die kaal kolle geplaas word om die saad te beskerm dat die wild en voels dit nie vreet nie. Die saadjies le dan tussen en onder die takkies en sodra dit reen ontkeim dit en het dan kans om onder die takke wat dit beskerm te kan groei. So vestig die smaaklike gras weer.