Tag Archives: Land

Gaan na die Mier, Luiaard

LUIAARD – Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie n leier nie, nie n opsigter of n regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. Spreuke 6:6-8. Salomo se advies aan die luiaard is om na die miere te gaan kyk wat by sy huis besig is. Hulle is hard aan die werk. Een is besig om ‘n saadjie saam te sleep en ander dra materiaal aan vir hul nes. Dit is ‘n groot bedrywigheid om die miernes. Die luiaard moet maar goed kyk en ‘n les by die miere leer.Dit gaan egter nie net om die werklus van die miere